Boer ver agter bakkie gesleep

2011-05-01 23:34

Mnr. André van der Merwe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Boer van Ottosdal in Noordwes is eergisteraand vermoor en meer as ’n kilometer ver agter sy bakkie aangesleep.

Mnr. André (Brood) van der Merwe (49), wat ongetroud was, is in die agterkop, in die bors en in die wang geskiet op sy plaas sowat 10 km uit die dorp op die Lichtenburgpad, het brig. Thulani Ngubane, kommunikasiehoof van die polisie in Noordwes, gesê.

Hy het bevestig Van der Merwe is sowat 1,2 km agter die bakkie aangesleep.

Volgens Ngubane het die bakkie omgeslaan terwyl Van der Merwe nog daaraan vas was, maar ’n man wat op die toneel was en nie sy naam wou verskaf nie, het gesê die lyk is in die wenakker gevind en die bakkie was nie meer daar nie.

Drie mans is reeds in verband met die moord in hegtenis geneem, waarvan een in die omgeslaande bakkie gevind is.

Van der Merwe het onlangs blaaskanker met die hulp van chemoterapie oorwin, het mnr. Koos Weideman, ’n buurman en huisvriend, gesê.

“’n Soort blaaskanker is verlede jaar by hom gediagnoseer en hy het chemoterapie gekry.”

Weideman het gesê Van der Merwe het sowat drie jaar gelede ook “’n klomp hartaanvalle” gekry.

Volgens Weideman het sy seun, Louis (22), en ’n paar jong mans eergisteraand op Van der Merwe se lyk afgekom.

“André se vriendin (me. Petra Pretorius) kon hom nie in die hande kry nie en het toe my seun gebel.”

Weideman, wat tydens die voorval in Margate was, het gesê sy seun en die mans saam met hom het op die sleepspoor afgekom en dit gevolg.

“My seun het my so 21:30 gebel en gesê hulle is op die spoor, maar hulle sien baie bloed. Hulle het toe op die lyk afgekom.”

Weideman het gesê sy seun is erg geskok.

Mnr. Robert Nel, ’n boer in die omgewing, het gesê Van der Merwe het ook by Swarico-afslaers gewerk en was ’n bekende in die gemeenskap wat daarvan gehou het om grappe te maak.

“Verlede jaar is daar ’n kluis uit sy huis gesteel wat toe in die lande gekry is.”

Die drie verdagtes is in aanhouding en sal na verwagting môre in die hof verskyn.

Mnr. Pieter Groenewald, leier van die VF+ in Noordwes, het gister in ’n verklaring gesê die wrede moord op Van der Merwe is “niks meer as rassisme nie”.

“Die regering en die minister van polisie is laks om op te tree teen plaasaanvallers en die landelike beveiligingsplan bestaan slegs in teorie, maar nie in die praktyk nie.” 


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Kalla sê... Wat n grap ek kannie glo so baie mense reageer op hierdie artikel nie dink Wayen Minnaar regtig voetgangers gaan gehoor gee.Dis so goed as om te se water is nie nat nie hahahahahahahahaha! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 7-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bloem: 0-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 13-22°C Sunny. Cool. PE: 13-21°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 LX 5-dr
2010
R 136,900.00

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr MY06
2010
R 74,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY04
2004
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Namaqua beach camp

Experience flower season in full bloom with 2 nights at the Namaqualand National Park from R4260 per person sharing incl. accommodation, flights, car rental. Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tot 30%-afslag op Unisa-handboeke

Bespaar tot 30% op jou voorgeskrewe Unisa-handboeke hierdie semester. Koop dit nou!

Voorafbestellings vir die 20 gewildste speletjies

Wees een van die eerste om jou gunstelingspeletjies te besit. Plaas jou voorafbestelling hier.

Tot 20%-afslag op nuwe musiek

Vind 100’e nuwe musiekuitreikings hier. Van Now 58, Locnville, Parlotones en vele meer – ons het dit. Koop dit nou!

Fiksie onder R100

Vind 100’e fiksieboeke van jou gunstelingskrywers – almal onder R100. Koop dit nou!

Wonderlike DVD’s, vir net R49,95 elk

Kry jou ou gunstelinge en nuwe uitreikings. Besoek die DVD-winkel vir die jongste spesiale aanbiedinge op DVD’s. Koop dit nou!

Wêreldbekerrugby 2011

Nou R556,95

Nou beskikbaar vir Xbox en PS3. Begin vandag nog speel. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.