Tsjeggiese immigrant in Noordwes vermoor

2013-02-19 23:23

Bulajic

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Tsjeg wat sy geboorteland in die vroeë 1990’s saam met sy gesin verlaat en in Suid-Afrika kom woon het, is eergister in sy huis in Brits, Noordwes, vermoor.

Zarco Bulajic (58) se kop is met ’n baksteen verbrysel en hy is talle kere geskiet.

Lt.kol. Emelda Setlhako, polisiewoordvoerder, het gesê Bulajic se huiswerker was in die erf toe sy glo ’n geraas van binne die huis gehoor het. “Sy het toe gesien hoe Bulajic met iemand stoei.”

’n Skoot is daarna gevuur en die aanvaller het glo weggehardloop. Niemand is nog gearresteer nie.

Quinton Dunn van die PPS-monitering en reaksie-veiligheidsmaatskappy het gesê hulle was omstreeks 10:45 eerste op die toneel nadat die bure gehoor het daar is fout en die maatskappy gekontak het. “Ons kon nie agterkom dat iets gesteel is nie,” het Dunn gesê.

“Dit lyk of Zarco onverhoeds oorval is, want hy het nie die noodknoppie gedruk nie.”

Sy vrou en dogter was nie tuis toe hy in die huis in die Elandsrand-woonbuurt vermoor is nie. Bulajic se vrou, Tanga, is ’n dokter wat op reisskepe werk. Sy het haar ná die moord teruggehaas na Brits.

Volgens Leon Pelser, ’n jare lange vriend en oud-kollega van Bulajic, is sy vrou ontroosbaar en het sy nie kans gesien om self met die media te praat nie. Sy het die polisie gehelp om die toneel op te ruim.

“Sy voel sy sou hom dalk nog kon red as sy vroeër daar kon wees.”

Die egpaar het ’n volwasse dogter, Bonny, wat ook ’n dokter in die Kimberley-omgewing is.

Die gesin het daar gewoon voordat hulle in 2001 na Brits getrek het.

Bulajic word môre 10:30 uit die Brits Oase-kerk begrawe.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 13-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 13-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 15-24°C Partly cloudy. Mild. PE: 19-26°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Hyatt Regency Oubaai

Spend 3 nights and only pay for 2 at the Hyatt Regency Oubaai Golf Resort & Spa from R3559 per person sharing. Includes accommodation, return flights, car rental and local insurance.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lego-uitverkoping – bespaar tot 50%

Die Lego-uitverkoping is nou aan die gang. Bespaar tot 50% op uitgesoekte Lego-speelgoed, terwyl voorraad hou. Koop nou.

Searching for Sugar Man

Van die vervaardiger van Man on Wire, wat ’n Oscar gewen het vir beste dokumentêre prent, is daar nou die ongelooflike en hartroerende storie van die Amerikaanse sanger-liedjieskrywer Rodriguez uit die 70’s wat baie bekender in Suid-Afrika was as in sy eie land. Koop nou.

Crysis 3 Hunter-uitgawe

Kry die Crysis 3 Hunter en ervaar die toppunt van multi-spelerpret of neem die rol aan van ’n kavalleris en probeer so lank moontlik oorleef terwyl die Evac-span jou ontsnapping beplan. Koop nou.

Ozaki – dun, swart oortreksel vir iPhone 5

Kry die ultradun Ozaki-oortreksel vir jou iPhone 5, wat ’n skermbeskermer, ’n mikroveselstoflap en toegang tot alle poorte en knoppies insluit. Koop nou.

How to Win Friends and Influence People

Kry hierdie inspirerende en topverkoperselfhelpgids wat jou wys hoe om lewenslange sukses te behaal. Koop nou.

Mellerware se biltongmaker "Biltong King"

Nou R449.95

Met Mellerware se biltongmaker kan jy heerlik smul aan jou eie tuisgemaakte biltong en droë wors. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.