Leer goël, veeldoelige vroue!
Die lewe voel dikwels soos 'n gehardloop van die een verantwoordelikheid na die volgende verpligting.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Klik'...maar g'n doodskoot
Jul 28 2008 10:56:39:160PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Hans Coetzee wys een van die drie skietwonde wat hy opgedoen het.
Buks Viljoen


Klik!

Dis al wat mnr. Hans Coetzee (53) eergisteroggend gehoor het toe ’n rower wydsbeen bo-oor hom gestaan, ’n 9 mm-pistool op hom gerig en die sneller getrek het.

Ten spyte daarvan dat dieselfde rower hom oomblikke vantevore drie keer geskiet het, het dié skoot nie afgegaan nie.

Minute later is Coetzee se 57-jarige broer, Frik – ’n oudpolisieoffisier van Phalaborwa – dood toe hy twee keer met dieselfde pistool in die bors geskiet is.

“Die Here is aan my kant,” het Coetzee jr., wat twee weke gelede ’n ernstige motorongeluk oorleef het, gister uit sy hospitaalbed in die Barberton Medi-Clinic aan Beeld gesê.

Die Coetzee-broers werk albei op die groenteplaas Ayerton, Barberton, van mnr. Blikkies Blignaut.

Frik het sedert Januarie, toe hy as afleweringsbestuurder daar begin werk het, in die woonwapark op Barberton gebly.

“Ons het elke Sondag by my huis gebraai,” sê Hans, wat die afgelope 18 maande as plaasbestuurder op Ayerton werk. Die twee broers is omstreeks 10:00 na die lande om groente te gaan pluk.

By hul terugkeer het hulle gesien daar is by die huis ingebreek.

“Toe ek na die gastebadkamer loop, het ek die twee gemaskerde rowers in ’n inloop-linnekas gekry waar hulle wegkruip,” vertel Hans.

Een rower was met ’n 12-boor-haelgeweer gewapen.

Dis vermoedelik dieselfde haelgeweer wat drie weke gelede tydens ’n inbraak uit Hans se huis gesteel is.

“Toe hy die geweer oplig, het ek die loop weggeklap. ’n Skoot het in die badkamer se plafon vasgeslaan.”

Hy en die ander rower, wat ’n pistool gehad het, het begin stoei. In die proses is die pistool verskeie kere gevuur. Hans is drie keer in die sy getref.

“Ek het vir Frik geskree om te vlug, maar hy het in die gang afgehardloop om my te kom help.”

Die rower het twee skote met die pistool geskiet en hom in die bors getref.

“Hy is op slag dood. Hy het net op sy rug in die gangdeur gelê,” het Hans gesê. Die rowers het gevlug sonder dat iets gesteel is.

Frik se seun, Nelius, werk in die DRK en kom vandag hier aan.

Hy laat ook twee dogters, Dianna en Talita, agter.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |